"Jou kind kom eerste"
Kontak ons: 071 012 7209
KCS is by die Departement van Onderwys geregistreer as 'n onafhanklike skool. Ons voldoen aan alle vereistes soos deur die Departement van Onderwys gestel.
Handhawing van hoë standaarde is van kardinale belang vir KCS. Onderwysers is passievol en stap die ekstra myl om te verseker dat elke leerder die geleentheid het om tot die beste van hul vermoë te presteer.
KCS bied onderrig in beide Afrikaans en Engels aan.
KCS maak gebruik van tablette, elke kind benodig 'n tablet waarop alle handboeke opgelaai word. Kathu Combined School volg die KABS (CAPS) kurikulum. Onderwysers gebruik ook ekstra materiaal om konsepte duideliker aan leerders oor te dra en in te oefen.
Assesseerings en klaswerk word gemodereer om 'n hoë standaard te verseker.
KCS gee om vir elke leerder en gesin betrokke by die skool. KCS is soos 'n familie.
By KCS neem ons hande en bied ondersteuning aan leerders om sodoende die beste groei erfaring moontlik aan hulle te bied.
KCS se beleid beperk klasgrootte tot slegs 15 leerders per klas. Hierdie aantal is wel die maksimum maar ons mik om getalle rondom 10 leerders per klas te hou. Dit verseker dat elke leerder genoegsame aandag geniet.
Periodes by KCS is 45 minute lank en daar word 'n beperking van 15 leerders per klas toegepas. Dit verseker dat daar genoeg tyd is vir elke leerder om aandag te geniet. Ekstra klasse word ook individueel of in groepsverband aangebied soos die behoefte dit bepaal.
KCS se leerders neem aan die Gamagara atletiekbyeenkomste deel. Daar ding hulle mee teen al die skole in die Gamagara munisipale streek. Leerders wat by die byeenkoms presteer gaan deur na die JTG streeksbyeenkoms.
Die atletiek is groot pret vir al die leerders.
KCS glo aktiwiteite soos die atletiek bou 'n gesonde liggaam, karakter, positiwiteit en skoolgees.
KCS se leerders kies elke jaar 'n groep leiers om hulle te verteenwoordig. Hierdie leiers is verantwoordeik vir verskeie takies om die skool, organiseering van funksies en pretdae en algemene dissipline.
Die groep leiers gaan ook op 'n kamp waar hulle spanbou aktiwiteite doen en na praatjies oor leierskap luister.
'n Hoogtepunt op die KCS kalender is die jaarlikse konsert. Elke graadgroep lewer 'n item en oud en jonk kom ondersteun. Die konsert bou selfvertroue en is groot pret. Die mooiste is om te sien hoe elke leerder buite hul gemaksone tree en hul vrese met 'n glimlag oorkom.
Eisteddfod is 'n kultuurkompetisie waar leerders in verskeie uitvoerende kuns kategorië kan deelneem. Die Nasionale Eisteddfod vind elke jaar in Augustus plaas en KCS leerders neem graag deel om hul horisonne te verbreed.
Alle grade geniet uitstappies gedurende die skooljaar. KCS poog om leerders aan so veel leergeleenthede bloot te sleg as moontlik. Uitstappies na die Brandweer, Poskantoor, Polisie, Biblioteek ens. verbreed elke leerder se kennis van die wêreld om hulle op 'n genotvolle wyse.
Daar word ook kampe gereël waar leerders spanbouaktiwiteite doen, oor leierskap leer of hul kennis van die natuur uitbrei.
KCS hou elke kwartaal minstens een pretdag. Die dag wat die skool sluit hou ons 'n lekker afsluiting wat deur die skool se leiers gereël word. Dit is 'n dag vol lekker aktiwiteite waar leerders vir 'n slag heeldag net saam speel. So blaas almal lekker stoom af na die toetse en eksamens en bou aan hegte vriendskapsbande.
Die inskrywingsvorm kan hier afgelaai word. E-pos die inskrywingsvorm na Kantoor@ktskathu.co.za